Skrywersprofiele

  • Ontmoet die bekroonde Milanie Vosloo
    Jy het sekerlik al van Milanie Vosloo gehoor. Sy is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met wyse dagstukkies en lieflike gebedeboeke raak sy die harte van haar lesers aan. Lees meer!
  • Wie is Stephan Joubert?
    Vind meer uit oor hierdie teoloog, skrywer en stigter van die e-Kerk. Prof. Stephan Joubert is ’n professor van teologie en ’n leraar. Hy is ’n ervare en bekroonde skrywer met talle topverkopers op die rak. Lees meer!
  • Kom reis saam met Nico Smit!
    Dr. Nico Smit is ’n leraar by Dalpark-gemeente aan die Oos-Rand. Sy nuwe boek is ’n wonderlike reis deur al die ervarings wat kleur aan ons lewens gee. Lees meer!
  • Die vrou wat uit haar hart skryf: Lizette Murray
    Lizette Murray skryf soos geen ander skrywer nie. Wanneer jy haar boeke lees, voel dit asof sy jou hart aanraak. Sy skryf in doodgewone taal, onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel. Lees meer!
  • Die “Faith Like Potatoes”-skrywer: Angus Buchan
    Onthou jy die film Faith Like Potatoes (2006)? Dit gaan oor ’n boer wat nooit opgee nie en wat al sy vertroue in die Here plaas. Hierdie verhaal kom uit die pen van Angus Buchan. Lees meer!
  • Wie is Dr. Willem Nicol?
    Dr. Willem Nicol is een van die welbekende predikante in die NG Kerk. Hy staan bekend as die vader van spirituele begeleiding in ons kerk. Sedert 1988 het hy al meer as 10 boeke oor geloof geskryf. Lees meer!
  • Die skrywer van die Bybelroman: Jaco Thom
    Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy veral verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy het as ’n topverkoper-skrywer bekend geword vir sy Bybelse romans. Lees meer!
  • Dr. Barend Vos skryf met sy hele hart en siel
    Dr. Barend Vos is ’n uitstaande Christenskrywer, teksversorger en predikant.  Sy eerste boek verskyn in 1998 en sedertdien het hy al meer as 20 boeke gepubliseer. Hy is veral bekend as die skrywer van Uit die Beek. Lees meer!
  • ’n Bietjie meer oor Coenie Burger
    Coenie Burger is een van daardie name wat aan almal in die NG Kerk bekend is — en vir goeie rede. Hy is ’n oud-predikant, invloedryke kerkleier, teoloog en skrywer van talle boeke en artikels. Lees meer!
  • Wie is Prof. Marius Nel?
    Marius Nel is tans ’n professor by die Universiteit Stellenbosch wat spesialiseer in die Nuwe Testament. Hy is ‘n gewilde predikant en skrywer. Lees meer!
  • Ontmoet Fourie Rossouw
    Fourie Rossouw is ’n knap skrywer, storieverteller en predikant. Wanneer jy Fourie se skryfwerk lees, voel dit asof die son in jou hart opkom. Lees meer!
  • Topverkoper-outeur: Ewald van Rensburg
    Ewald van Rensburg is predikant by die Somerset-Wes Familiekerk in die Wes-Kaap. Hy is bekend as ’n topverkoper-skrywer van kinderboeke wat jong kinders nader aan God bring. Lees meer!
  • Skrywer van die Ligland-reeks: Siegfried Louw
    Siegfried Louw is ‘n Predikant in Sinodale Diens by die Wes-Kaapland Sinode. Sy Ligland-reeks help jong kinders met verlies, angstigheid, boeliegedrag en alleenheid op maniere wat maklik is om te verstaan. Lees meer!
  • Die wêreldbekende Prof. Malan Nel
    Prof. Malan Nel dien al sedert 1988 in die NG Kerk. Hy is tans ’n professor in Praktiese Teologie met meer as drie dekades van akademiese ervaring. Lees meer!
  • Ontmoet die skrywer Susan Goosen
    Hierdie onderwyser fokus op die geloofsvorming van kinders en jongmense en geloofsgroei binne gesinne. Sy skryf gereelde rubrieke vir Christelike tydskrife asook kinderboeke. Lees meer!