Bybelstudies

  • In Christus saam op pad

    In Christus saam op pad (Bybelstudieboek)

    Waar jy ook al loop, daar is Jesus saam met jou. Hierdie gids help ons verstaan dat ons saam met en in Jesus Christus op reis is en dat ons onlosmaaklik aan mekaar verbind is.

  • In Christus is ons hoop

    In Christus is ons hoop (Bybelstudieboek)

    Wees ’n hoopdraer en volhard in jou geloof. Hierdie boek sal jou geloof opnuut anker en jou motiveer om met liefde en hoop voluit te leef. Kom, vind jou hoop in Christus met ons 8-weke-saamreisgids.

  • Daniël: Die heerskappy behoort aan God

    Daniel (Bybelstudieboek)

    Wie ken nie die verhale van Daniël en sy drie vriende, van die brandende oond, en die leeukuil nie? Kom reis saam deur al twaalf hoofstukke van hierdie Bybelboek om te leer hoe om soos Daniël te leef.

  • Moed om mens te wees

    Moed om mens te wees (Bybelstudieboek)

    Leer om met waagmoed te leef in die tyd en ruimte wat God vir jou gee. In hierdie Bybelstudie vir groepe kyk ons na ’n ongewone gesin, Marta, Maria en Lasarus, en hulle ontmoetings met Jesus.

  • Keuses wat jou iets kos

    Keuses wat jou iets kos (Bybelstudieboek)

    In dié Bybelboek Rut lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besonderse manier uitgeleef het. Hulle wys vir ons dat geloof in God ons lewe verander!

  • Genooi om te volg

    Kom ervaar die lewe van die aardse Jesus. Hierdie gespreksgids wil ons help om meer oor Jesus en ons beeld van Hom na te dink. Dit wys vir ons hoe om Hom al meer in ons lewe in te laat en Hom te volg in alles wat ons doen.

  • Oop vir die oomblik

    Oop vir die oomblik (Bybelstudieboek)

    In hierdie 10 Bybelstudies sal jy ontdek wat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en hou ons toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is.

  • Verby ons gedagtes

    Verby ons gedagtes (Bybelstudieboek)

    Hoe sien ons vir God? Wat is ons idee van Hom? Hierdie boek wil ons help om na ons prentjies van God te kyk; om die gesonde prentjies te voed en om die ongesondes te laat los. Kom leer wie God regtig is.

  • Mosaïek van Maria

    Mosaiek van Maria (Bybelstudieboek)

    Kom ervaar die verhaal van Jesus se moeder. In hierdie Bybelstudieboek gaan ons ’n pad van 2 000 jaar saam met Maria stap. Ons leer hoe Maria deel van God se plan was, en hoe jy ook ingeweef is in God se verhaal.

  • Wanneer Jesus vrae vra

    Wanneer Jesus vrae vra (Bybelstudieboek)

    Wat gebeur wanneer Jesus begin vrae vra? In hierdie Bybelstudieboek ontdek ons die 46 vrae wat Jesus in die Johannes-evangelie vra. Kom leer hoe om Jesus se antwoorde aan te hoor en dit in jou lewe uit te leef.