BOEK: Ligvoets (Fourie Rossouw)

Fourie Rossouw se boek: Ligvoets

Leef lig met ’n hart sonder heinings.

’n Bundel rubrieke deur Fourie Rossouw

Dis asof die son in jou hart opkom wanneer jy Fourie Rossouw se skryfwerk lees. Dit is innig warm met die gloed van ’n duisend moontlikhede. 

Ligvoets is ’n onopgesmukte boek en het ’n herkenbaarheid wat jou intrek en sommer met die intrapslag laat tuis voel. Deur die egtheid en eerlikheid van sy rubrieke beleef jy die soet melancholie van die lewe, maar dit is nooit sonder ’n skeut blymoedigheid daarby nie. Dit is ook asof Fourie se skryfwerk nie op papier eindig nie maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ’n sonsopkoms. 

Geniet hierdie keur van rubrieke deur ’n knap skrywer, storieverteller en predikant. Met elke storie sal jy leer hoe om ligvoets te lewe in ’n wêreld wat soms donker voel.

Fourie Rossouw se rubrieke-bundel

Hoe leef ’n mens ligvoets in ’n wêreld wat swaar op ons skouers rus? Hoe keer ons onsself om heinings rondom ons harte te bou? 

Met hierdie boek vol wonderlike alledaagse verhale leer Fourie Rossouw vir jou hoe om die goeie dinge in die lewe raak te sien. Hy herinner ons om sagter te trap, ligter te leef en God te eer in alles wat ons doen.

Hierdie bundel bestaan uit die volgende 30 rubrieke: 

  1. Heininglose harte
  2. O genade, daar groei ’n gogga op my!
  3. My broer se Valentyn
  4. Om by die kerk te mag speel
  5. Die mense van die ou aarde
  6. Van die pad af
  7. Johannes se geheim
  8. Paasfees het nie ’n dress code nie
  9. In visplakkies tot by die Maltese Kruis
  10. Ons planne
  11. Huis-huis
  12. Vryspring
  13. Die helder kleur van hoop
  14. ’n Kans vir ’n dans
  15. Wie is jy vir ’n lewe?
  16. Om in plakkies te preek 
  17. Hoe ver kan ’n appelboom gooi?
  18. Sonde met die bure
  19. Stinkryk
  20. Dawid en Groot Jesus
  21. ’n Protes van ’n ander kleur
  22. Munisipale water in die doopvont!
  23. Kinderspeletjies
  24. Genade ruik soos vla
  25. Te goed vir woorde
  26. ’n Planter van duisend bome
  27. Vuil Hasie se transformasie
  28. Genadewater in grendeltyd
  29. Die jaar van die koekstruif
  30. Merry Christmas, Sir!

Leer hoe om ligvoets te lewe in ’n wêreld wat soms donker voel. Begin nou hierdie boek lees: Ligvoets: Vir harte sonder heinings (deur Fourie Rossouw).

Klik hier om nou jou boek te koop.