BOEK: Jy sal oukei wees (Milanie Vosloo)

Milanie Vosloo: Jy sal oukei wees

Sien elke dag as ’n genade-geskenk!

’n Bundel rubrieke deur Milanie Vosloo

Dis nie in die lewe se hoogtepunte of in tye van swaarkry wat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse: die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe om bewustelik met God saam te leef nie.

Milanie Vosloo verstaan hierdie uitdaging om God in die hier en nou te beleef, van Hom bewus te raak en Hom te dien. Met Jy sal oukei wees, lei sy ons dieper die alledaagse in en dieper in God se teenwoordigheid in.

Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp sy lig op die kuns wat dit is om ons geloof te lééf. Om stil te raak en te weet… God is hier, God is vir ons, God is naby in elke oomblik van elke dag.

Milanie Vosloo se rubrieke-bundel

Met elkeen van die 36 rubrieke in hierdie boek hoop ons dat jy stil sal raak en die genade-geskenk van elke dag met ope arms en ’n oop hart sal ontvang sodat jy ook in die alledaagse God se teenwoordigheid kan beleef.

Hierdie bundel bestaan uit die volgende 36 rubrieke: 

  1. Jy kan weer probeer
  2. God kan nie van jou vergeet nie
  3. Waarom jy hier is
  4. God is jou oggend en jou aand
  5. Jy ontvang elke dag ’n genade-geskenk
  6. Wees stil, God is naby jou
  7. God se glimlag skyn oor jou
  8. Jy kan ’n engel wees
  9. God het jou régtig lief
  10. Dankbaarheid verander jou
  11. God se hart is sag vir jou
  12. Jy kan met verwagting bid
  13. God verkies knieë-mense
  14. God is ook in die korsies
  15. God het jou gekies
  16. Jy kán God sien en hoor
  17. Jy kán vrede hê
  18. God word nie moeg vir jou nie
  19. God is oral
  20. Die ewigheid is nóú
  21. Jy is skatryk!
  22. Wat regtig belangrik is
  23. God se Woord praat met jou
  24. ’n Doodgewone dag
  25. Jy mág voel
  26. Die antwoord is altyd liefde
  27. God het ’n woord vir jou
  28. Familie
  29. God huil saam met jou
  30. As die stormwind woed
  31. Stilte is kreatiewe “tydmors”
  32. Waarom, Here?
  33. God dans met jou
  34. Gister was goed . . . en môre sal weer só wees
  35. Bou daardie brug
  36. Jý is die sout

Raak stil by God se voete en weet dat jy oukei sal wees. Begin nou hierdie boek lees: Jy sal oukei wees (deur Milanie Vosloo).

Klik hier om nou jou boek te koop.