BOEK: Die alfabet van oorvloed (Lizette Murray)

Lizette Murray se boek: Alfabet van oorvloed

Lees en geniet stories oor eenvoud, gasvryheid en lag.

’n Bundel rubrieke deur Lizette Murray

Lizette Murray se boeke is altyd leesstof wat diep aan jou hart raak. Haar bundel rubrieke, Die alfabet van oorvloed, is geen uitsondering nie.

Met haar diep insig in ons menseverhoudings en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid, ’n reis van saamwees en familie-dinge. Lizette weet hoe om fyn waar te neem en om dinge te beskryf op maniere waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel.

Lizette leer jou hoe om na die hoopdraers in jou lewe te soek— daardie dinge wat vir jou hoop, vrede en rus bring. Sulke klein hoopdraers maak jou binneste ontvanklik om God se goedheid en teenwoordigheid in jou lewe raak te sien.

Daar is geen onsekerheid oor God se almag en oppergesag nie. Hy is in beheer. Daarom kan ons hart bedaar. Die woorde waarvan ons kop vol is, hoef nie sinonieme vir vrees te wees nie – maar vir kalmte, vertroue, stilte, rus en vrede.

Dis die alfabet van oorvloed.

Lizette Murray se bundel rubrieke

Lees rustig Lizette se vertellings oor die lewe in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in Sy liefdesoorvloed. Elke storie, verhaal en stukkie insig sal aan jou hartsnare tokkel.

Hierdie bundel bestaan uit die volgende 38 rubrieke: 

  1. Eenvoud
  2. Brood
  3. Spieël
  4. Vryheid
  5. Lag
  6. Wag ’n bietjie!
  7. Warmwaterbottels teen die koue
  8. Vrede! Vrede!
  9. ’n Deursigtige vaas
  10. U seën
  11. Reisgenote
  12. Blikkies sonder ’n etiket
  13. Die hoop wat God heet
  14. Huis
  15. Woorde
  16. Musiek
  17. Ernstige niksdoen
  18. Die geur van Christus
  19. Ek en my huis wil U dien
  20. Ma se plek
  21. ’n Pa soos my pa
  22. Die alfabet van oorvloed
  23. Trek
  24. Lig
  25. Padwysers
  26. Drentel
  27. Kampvuur
  28. Trap suutjies!
  29. God se stem
  30. Tee drink
  31. Die blou lug raak weg
  32. Soos ’n ma
  33. Ek en my huis bons terug
  34. Gasvryheid
  35. Dirigent
  36. Eenkant
  37. Spens
  38. Die DNS van die liefde

Lees hierdie bundel rubrieke en besef hoe oorvloedig God jou seën. Begin nou hierdie boek lees: Die alfabet van oorvloed (deur Lizette Murray).

Klik hier om nou jou boek te koop.