Blog

Jy sal oukei wees

Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe om bewustelik met God saam te leef nie.

Milanie Vosloo verstaan hierdie uitdaging om God in die hier en nou te beleef, van Hom bewus te raak en Hom te dien. En sy lei ons dieper die alledaagse in, dieper in God se teenwoordigheid in. Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp sy lig op die kuns om ons geloof te lééf. Om stil te raak en te weet … God is hier, God is vir ons, God is naby in elke oomblik van elke dag.

Raak stil, en ontvang die genade-geskenk van elke dag met ope arms en ’n oop hart. Sodat jy ook in die alledaagse God se teenwoordigheid kan beleef.

KLIEK HIER om die boek te koop.

Goeie genade, jy is spesiaal!

Hierdie boek help jou om elke dag met nuwe oë na jou lewe te kyk. Én dit gee jou ‘n kykie op God se glimlag oor jou. In dié saamgeselsgids gee Ewald van Rensburg vir jou ‘n verrassingspakkie oor wie jy in Christus is.

Maak jou veelkleurige geskenk oop en ontdek:
• God het eerste na jou uitgereik.
• Jy is vir God baie spesiaal.
• God gee baie om wat van jou word.
• Jy as mens het baie waarde in God se oë.

Goeie genade, jy is spesiaal! het reeds in 2002 verskyn. Toe so baie mense oor die land heen navraag oor die boek gedoen het, het die skrywer weer na die inhoud gekyk. In die proses het hy ses nuwe hoofstukke bygeskryf. By die meeste hoofstukke het hy ook splinternuwe inhoud bygewerk. Sy gebed is dat hierdie boek nog baie mense se lewe sal aanraak sodat hulle hulleself as baie spesiaal deur God se sagte oë sal ervaar.

KLIEK HIER om boek te koop

Die alfabet van oorvloed

Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak. Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge.

Lizette weet hoe om fyn waar te neem, en dan keurig haar woorde te kies om dinge te beskryf waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel.

Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in sy liefdesoorvloed.

KLIEK HIER om boek te koop

Oop vir die oomblik

Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

KLIEK HIER om boek te koop

Oop vir die oomblik – Bybelstudie

Leef in die oomblik. Live in the moment.
Geniet elke oomblik in die hier en nou.


Dit is tans gewilde idees. Maar ons almal ervaar dat die moderne lewe dit vir ons moeilik maak om in die hier en nou tuis te voel. Daar is soveel dinge waaraan ons aandag moet gee, met die gevolg dat ons kop raas en ons afwesig raak.

In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron.

Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.

KLIEK HIER om boek te koop