8 Ysbreker-aktiwiteite vir jou kleingroep

'n Foto van twee mense wat op brekende ys staan.

Probeer hierdie aktiwiteite om jou kleingroep op hulle gemak te sit.

Dit kan opwindend wees om ’n klein Bybelstudiegroep te begin, maar dit kan ook vir sommige lede ’n bietjie intimiderend wees — veral as jou groep bestaan ​​uit mense wat mekaar nog nie goed ken nie.

Daarom is dit belangrik om die ys te breek en almal op hulle gemak te sit sommer met die intrapslag. Dis waar ysbreker-aktiwiteite handig te pas kom.

In hierdie artikel deel ons 8 ysbreker-aktiwiteite om jou kleingroep mee af te skop. Lees verder en ontdek hoe om die volgende lys ysbrekers in te pas:

  1. Die “naam” speletjie
  2. Die “vreemde vraag van die dag”
  3. Twee waarhede en een leuen
  4. Skattejagte en interaktiewe idees
  5. Bybelverse en waar dit inpas
  6. Gebedsvennote en -versoeke
  7. Tekenaktiwiteite
  8. Deel getuienisse

Button with text: "Begin jou Bybelstudieboek!"

1) Die “naam” speletjie

Begin dié speletjie deur vir elkeen te vra om hulle naam en een prettige feit oor hulself met die groep te deel. Dis ’n eenvoudige dog effektiewe manier om almal te help om mekaar ’n bietjie beter te leer ken. Jy kry ook dan ’n beter begrip van die mense wat in jou kleingroep is.

2) Die “vreemde vraag van die dag”

Berei ’n lys van prettige en boeiende vrae voor om jou groep te vra, soos “as jy aandete saam met iemand in die geskiedenis kon eet, wie sou dit wees?” of “wat is jou gunsteling stokperdjie?” Hierdie aktiwiteit moedig lede aan om hulle gedagtes en gevoelens in ’n veilige en vriendelike omgewing met mekaar te deel.

3) Twee waarhede en een leuen

Laat almal drie stellings maak oor hulleself: twee stellings moet waar wees en een onwaar. Die groep moet dan raai watter stelling die leuen is. Dit kan ’n paar interessante gesprekke en snaakse oomblikke tot gevolg hê!

4) Skattejagte en interaktiewe aktiwiteite

Skep ’n kort en prettige skattejag met items wat verband hou met geloof of jou studie-onderwerp. Laat jou groeplede rondbeweeg en die verskillende items vind. Hierdie aktiwiteit sal jou help om saam te werk en gemeenskaplike grond te vind.

5) Bybelverse en waar dit inpas

Skryf ’n halfdosyn verskillende Bybelverse op ‘n paar indekskaarte neer, skommel dit dan deurmekaar en laat jou kleingroep die begin van die vers by die einde pas. Hierdie aktiwiteit stel lede bloot aan die Woord van God terwyl hulle pret het.

6) Gebedsvennote en -versoeke

Deel jou kleingroep op in groepies van twee lede elk. Laat hulle met mekaar hul gebedsversoeke deel en dan vir mekaar bid. Hierdie aktiwiteit help om dieper verhoudings te kweek en bied geleenthede om mekaar te ondersteun.

7) Tekenaktiwiteite

Vra almal om ’n prentjie te teken wat hul geestelike reis voorstel. Nadat almal klaar is, laat elke persoon hul tekening deel met die groep en dan verduidelik wat die betekenis daaragter is. Dit moedig lede aan om hul geloofsreis op ’n kreatiewe en prettige manier uit te beeld en ook met mekaar te deel.

8) Deel getuienisse

Moedig lede aan om hul persoonlike getuienisse met die groep te deel, indien hulle gemaklik voel om dit te doen. Op hierdie manier leer elke lid van jou kleingroep iets oor die ander lede se agtergronde en ervarings.

Samevatting

Om die ys te breek en ’n gemaklike omgewing te skep is belangrik vir enige kleingroep om te floreer.

Met hierdie ysbreker-aktiwiteite kan jy ’n prettige en innemende atmosfeer vir jou klein Bybelstudiegroep skep. Of dit nou deur ’n speletjie of skattejag is, hierdie aktiwiteite sal jou groep help en saam julle geloof te verdiep. Beproef self hierdie ysbreker-aktiwiteite vandag!

Moenie vergeet om jou Bybelstudieboek te kies nie! Ons versameling is vol studiemateriaal wat perfek sal wees vir jou kleingroep. Kom ontdek onderwerpe soos Jesus se aardse lewe, die storie van Daniël en nog vele meer.

Button with text: "Blaai deur ons reeks!"